Tuiste vir Bejaardes

HUIS HERFSBLAAR

Sorgeenheid

Kontak ons gerus

012 333 4445

Sorgeenheid

Dit behels 165 beddens en maak voorsiening vir alle verswakte bejaardes asook vir beroerte – Parkinsons – en Alzheimers pasiënte.

Toegewyde en bekwame verpleegpersoneel in samewerking met lede van ‘n multi – dissiplinêre span (geneeshere, fisioterapeute, maatskaplike werkers, leraars en pastorale werkers) sien om na elke inwoner se behoeftes.

‘nOpleidingskollege vir verpleërs, wat by die SA Raad op Verpleging geregistreer is, word bedryf. Die Sorgeenheid bestaan uit enkel – en dubbelkamers met gemeenskaplike badkamers, asook luukse eenhede met privaat geriewe. Al die badkamers is aangepas om in verswakte of rolstoel – gebonde inwoners se behoeftes te voorsien.

 

Maandelikse heffings sluit in:

24 uur verpleegsorg, 3 maaltye per dag, asook wasgoed – en skoonmaakdienste.

 

D-blok (Gemmenskaplike geriewe)

1ste en 2de vloere Okkupasiereg Heffing
Enkelkamer R 135 000 R 13 052
Dubbel as enkel R 175 000 R 13 052

 

 3de en 4de vloere (Alzheimer & verswaktes)  Okkupasiereg Heffing 
 Enkelkamer R 135 000 R 13 052
 Dubbel as enkel R 175 000 R 13 052

 

 A-Blok (Eie geriewe) Okkupasiereg  Heffing 
 Enkelkamer (Noord) R 295 000 R 13 052
 Enkelkamer (Suid) R 285 000 R 13 052

 

E-Blok (Eie geriewe) Okkupasiereg Heffing
Enkelkamer (Noord) R 285 000 R 13 052
Enkelkamer (Suid) R 265 000 R 13 052
Dubbelkamer R 340 000 R 12 560 (p/p)
Suite R 440 000 R 13 052 (p/p)

 

Huuropsie (Slegs by D-Blok 3de en 4de vloer met goedkeuring van Bestuurder)

**Toetreefooi = 12% van die okkupasieregwaarde

 

  Toetree Heffing + Huur Totaal
Enkelkamer R 16 200 R 13 052 R 1084 R 14 136
Groot enkel R 21 000 R 13 052 R 1084 R 14 136