Gerieflike wooneenhede
012 333 4445
Die hoofkompleks bestaan uit vier blokke van vier tot vyf verdiepings met hysbakke. 215 Gerieflike enkel- en dubbel woonstelle verskaf verblyf aan 245 selfversorgende inwoners.
Wooneenhede is toegerus met volvloermatte, ingeboude kaste, ‘n volledige badkamer, teekombuis en ‘n interkom verbind met die sorgeenheid, asook voldoende krag- en koppelpunte vir TV en telefoon.
Inwoners meubileer self die wooneenhede. Motorafdakke is teen ‘n redelike huur beskikbaar. ‘n Absa-agentskap, haarkapper, snoepwinkel , biblioteek en ‘n saal vir geestelike en ander byeenkomste is beskikbaar. Herfsmed Kliniek, wat deur mediese fondse erken word, voorsien na-operatiewe en ander sorg.
OKKUPASIEREGWAARDES & MAANDELIKSE HEFFING
MAART 2019 TOT FEBRUARIE 2020
TIPE | VIERKANTEMETER | OKKUPASIEREG | HEFFING | |||
A B-blok (kopkant) | 45 | R 395 000 | R 13 031 | |||
A C-blok (noord) | 45 | R 365 000 | R 13 031 | |||
D A-blok (suid) | 26 | R 310 000 | R 6 515 | |||
D A-blok (noord) | 26 | R 330 000 | R 6 515 | |||
D B&C-blok (noord) | 26 | R 336 000 | R 6 515 | |||
C B-blok (met stort) | 19 | R 100 000 | R 6 515 | |||
C B-blok (met bad) | 19 | R 90 000 | R 6 515 |