Tuisblad
"Liefdevolle versorging ons voorreg"
" Ons bied kwaliteit sorg en akkomodasie, omdat almal se menswaardigheid en privaatheid hoog geag word"
Huis Herfsblaar - onder voogdyskap van die NG Gemeente Hartbeesspruit - Queenswood is geleƫ in die rustige en boomryke woongebied van Queenswood, Pretoria - binne bereik van verskeie winkelsentrums, hospitale en die Phonak gehoorsentrum.
Die aftree-oord is 'n kwaliteit tuiste vir senior persone. Dit word reeds sedert 1985 suksesvol bedryf, en voorsien in 'n keuse tussen verblyf in woonstelle, meenthuise of versorging in die sorgeenheid. Die kompleks is langs die NG Kerk geleƫ.
"Die voorreg om te deel in vriendskap en meelewing van ander inwoners is 'n waarborg teen vereensaming"
GPS: 28d15m11s / -25d43m38s

















